Monday 9 November 2015

2. Verband tussen redding (salvation) en die doping in die Heilige Gees

Hierdie inskrywing is deel van 'n reeks vir mense vanuit/ steeds in die Gereformeerde tradisie (kerke wat gegroei uit die die reformasie in die 16e eeu).


Lees asseblief eers die inskrywing getiteld "Doping in die Heilige Gees". Hierdie skrywe volg daarop. 

Paulus sê dat “as ons Goeie Nuus nog versluier is, is dit net bedek vir dié wat verlore gaan. Dit is die god van hierdie bedeling wat die gedagtes van die ongelowiges verblind..” (2 Kor.4:3-4), maar “elke keer as iemand hom na die Here toe draai, verwyder Hy die sluier.”(2 Kor.3:16).  

Paulus sê “God has chosen you for salvation through sanctification by the Spirit and through belief in the truth.” (2 Thess.2:13).  Geloof in die waarheid en heiligmaking deur die Gees gaan hand aan hand en die een kan nie sonder die ander bestaan nie. Hy’t vir Titus (3:5) gesê dat “Hy het ons verlos, deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe.”

Paulus se woord in Rom.10:9-10 word soms aangehaal as die minimum vereiste vir redding, naamlik geloof in die opstanding van Christus en belydenis met die mond. Paulus noem nie hier bekering of die invulling van die Heilige Gees nie, maar sê elders dat ons verlos is omdat ons sondes vergewe is (Ef.1:7; Kol.1:14). Sondevergifnis kan egter slegs plaasvind wanneer ons ons sonde bely en tot bekering kom. Vir Paulus is ‘n lewe “in Christus” nie moontlik sonder die inwoning van die Heilige gees nie (Rom 8:9) want die Heilige Gees is die Gees van die Here Jesus Christus (2 Cor.3:17; Fil.1:19; 1Pet.1:11). Hy sê Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my.” (Gal.2:20). Paulus verwys vanselfsprekend nie na Jesus in die vlees nie, maar na die Gees van Christus wat in ‘n persoon leef, siende dat die Here Jesus die Gees is. Vir Paulus is dit die invulling (Ef.5:18) van die Gees wat ‘n persoon “in Christus” laat leef. “And don’t get drunk with wine, which leads to reckless actions, but be filled by the Spirit” (HCSB). Johannes sê dat hulle wat die Gees het, hulle is wat in Christus bly (1 John 3:24; 4:13). 

Is dit moontlik om die boodskap van Christus te glo sonder die werk van die Heilige Gees om harte oop te maak om die boodskap te ontvang? Die antwoord is “nee” (Hand.16:14;21). “Die Here het [Lidia] vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak”. As dit nodig is vir een persoon, dan is dit sekerlik nodig vir elke persoon. Dit blyk dan te wees dat daar ‘n aanvanklike werk van die Gees is om dit moontlik te maak vir ‘n persoon om die evangelie te verstaan. ‘n Persoon wat dan reageer deur tot bekering te kom, moet dan die invulling van die Heilige Gees ontvang. Dit is baie duidelik in die Skrif dat dit onmoontlik is om die nuwe lewe in Christus te leef sonder hierdie invulling. Wanneer Paulus sê dat hulle wat nie die inwoning van die Heilige Gees het nie, nie aan Christus behoort nie (Rom.8:9), sê hy dat die doping in die Heilige Gees noodsaaklik is vir die lewe “in Christus”. ‘n Persoon wat werklik “in Christus” is sal die vrug van “lewe in die Gees” voortbring (sien volgende inskrywing).

Paulus maak ‘n onderskeid tussen twee tipes mense (Rom.8:5-11) – hulle wat volgens die vlees wandel en vleeslik dink, en hulle wat volgens die Gees wandel en geestelik dink. Wat dus van uiterse belang is, is dat die doping in die Gees plaasvind sodra ‘n persoon sy geloof in Christus geplaas het sodat hy in die gees sal kan wandel. So gou as Paulus, Petrus en Johannes nuwe bekeerlinge teëgekom het wat nog nie die Heilige Gees ontvang het nie, het hulle vir hulle gebid om Hom te ontvang. Volgens die voorbeeld van die eerste Christene, sodra iemand tot bekering kom, moet hy in beide water (sien latere inskrywing) en die Gees gedoop word.

Ek glo dat God die Vader die Gees sal gee aan hulle wat werklik oorgegee het aan die Heerskappy van Jesus Christus, selfs al het niemand hulle nog vertel van die Heilige Gees nie, soos in die geval van die Moslem man (vorige inskrywing). Ek glo Hy sal ten minste iemand oor daardie persoon se pad stuur om vir hom te vertel dat hy die doping in die Heilige Gees nodig het. Indien ‘n persoon die Heilige Gees doop weier, het so ‘n persoon of nie verstaan wat die Heilige Gees doop behels nie, of nog nie sy lewe aan die Heerskappy van Christus oorgegee nie en daarom nie gered is nie. 

Net soos ‘n bruid en bruidegom nie verenig kan wees sonder die voleinding van hul huwelik nie, kan ‘n persoon nie verenig wees met Christus alvorens hy met die Gees gevul is nie. Die huwelik tussen man en vrou is ‘n simbool van die verhouding tussen God en mens wat deur die Heilige Gees versoen word met mekaar. ‘n Bruid en bruidegom mag dalk wettiglik getroud wees, maar volle intimiteit kom slegs met die voleinding. Daar kan geen intimiteit met God plaasvind sonder die invulling van die Gees nie. Paulus sê ons het toegang tot die Vader deur die Heilige Gees  (Ef.2:18). 

Dit is slegs deur die Gees van Christus wat ons toegang het tot die skatte van wysheid en kennis wat in Christus toegesluit is (Kol.2:3) en God openbaar geheimenisse slegs deur sy Gees (1 Kor. 2:10-14).

No comments:

Post a Comment