Hierdie is die inleiding tot my studie in die NG kerk wat ek voltooi het as deel van die BT(hons), vir die module Praktiese Teologie. Ek sal nie die empiriese data en ontleding daarvan in hierdie blog plaas nie, maar dit sal beskikbaar wees per epos as iemand daarvoor vra. In die volgende blog inskrywing sal ek begin om die tradisionele gereformeerde teologie aan te haal uit teologiese geskrifte en dan na die Skrif te kyk om te sien waar die skrywes van die Apostels verskil met die gereformeerde teoloe. Hierdie studie handel oor die Heilige Gees, die Doop en Bekering in die NG kerk.
Die Apostel Paulus het die kerk
in Korinte liefdevol vermaan:
“Ondersoek julleself of julle
in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie
daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie
geslaag nie.” (2 Cor.13:5).
Bestaan daar ‘n toets waarmee
‘n mens kan bepaal of “Christus in” ‘n persoon (Gal.2:20) lewe? Indien wel, hoe
slaag ‘n persoon daardie toets?
Die motivering en inspirasie
vir hierdie studie was gebore uit ‘n plek van persoonlike ervaring en
waarneming in die NG tradisie. Gedurende my kinderdae het ek die NG kerk saam
met my familie bygewoon en aan die verskeie aktiwiteite vir kinders en tieners
deelgeneem (soos kinderkrans en SKJA en Sondagskool). Ek was nooit in blatante
of doelbewuste rebellie heens God nie en as ek op enige tydstip gevra was of ek
geglo het dat ek aan God behoort, sou ek “ja” gesê het, want dit wat ek
verstaan het vanuit dit wat vir ons geleer/gepreek was. As ek egter terugkyk
het ek geen persoonlike kennis of ervaring van God gehad nie. Ek was ook ‘n lae
self-beeld gehad, was ongelukkig is ‘n kind en het magteloos gevoel teen die
woorde en dade van mense wat my emosioneel verwond het. Na skool het ek nie
meer ‘n begeerte gehad om kerk by te woon nie en het baie selde kerk bygewoon
vir ongeveer drie jaar. Op die ouderdom van 22 het ‘n vriendin my bekend gestel
aan die gawes van die Heilige Gees. Ek het toe begin besef dat daar soveel meer
oor ‘n verhouding met God was waarvan ek nie voorheen geweet het nie. Daardie
aand het ek op my knieë gegaan en vir God gesê dat ek vir Hom wil leef. Dis
iets wat ek nooit voorheen gedoen het nie al het ek in Jesus geglo. Ek het
daarna begin om ‘n kerk by te woon waar die teenwoordigheid, krag en gawes van
die Heilige Gees ‘n belangrike deel van kerk dienste was. Vir die eerste keer
in my lewe het ek in ‘n persoonlike verhouding met God deur die Heilige Gees
getree, alhoewel ek nie kan sê presies op watter punt ek die invulling van die
Heilige Gees ontvang het nie. In my geval was dit nie die oplê van hande en die
vreemde gebedstaal (praying in tongues) wat die invulling van die Gees
gekenmerk het nie, maar eerder ‘n geleidelike ervaring wat gevolg het. Ek het Hom ervaar op ‘n manier wat ek nie vantevore
het nie. My hele lewe en uitkyk het daarna wesenlik verander. Ek het bewus geraak
van sy werklike betrokkenheid in my lewe, wat meestal gemanifesteer het in die ervaring
van sy liefde en genesing van emosionele wonde soos wat mense my met gebed en berading
bedien het en ek self ook by die Here se voete begin sit het. Ek het ook sy stem
begin herken en kon sy leiding onderskei.
Dit was asof ek ‘n skat ontdek het
wat altyd daar was, maar waar ek vandaan gekom het, was mense onbewus van die skat
en het gelyk asof hulle tevrede is met wat hulle omtrent God geweet het en hoe hulle
geleef het. Ek glo dat dit oor die algemeen steeds die geval is in die gereformeerde
tradisie, ten minste in Suid-Afrika.
Hierdie stelling kan slegs
bewys word deur die versameling en ontleding van empiriese data. Verder kan my
persoonlike waarneming en ondervinding slegs gewig dra as dit geverifieer word
teenoor ‘n Bybelse raamwerk. Die data wat ek versamel het en die ontleding daarvan is beskikbaar indien enige een dit wil lees.
No comments:
Post a Comment