Monday 23 November 2015

5. Die bekeringsdoop (water)

Hierdie inskrywing is deel van 'n reeks vir mense vanuit/ steeds in die Gereformeerde tradisie (kerke wat gegroei uit die die reformasie in die 16e eeu).


Jesus het vir sy dissipels gesê “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” (Markus 16:16). Toe die Etiopiese hofdienaar gedoop wou word nadat Filippus vir hom die betekenis van die Skrif verduidelik het, het Filippus ingestem daartoe op een voorwaarde, naamlik “As u glo met u hele hart (Hand. 8:37). Die hofdienaar het geantwoord “Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is” waarna Filippus hom gedoop het. Die waterdoop kan dus slegs volg nadat ‘n persoon geloof in Christus geplaas het. Lukas het gesê dat “baie van die Korintiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop”(Hand. 18:8). Paulus en Silas se instruksie aan die tronkbewaarder van Filippi was “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” (Hand. 16:31). Die tronkbewaarder se hele huisgesin moes eers die Woord van die Here hoor en almal van hulle moes dit glo voordat hulle gedoop was. (Acts 16:34 He brought them into his house, set a meal before them, and rejoiced because he had believed God with his entire household.)

Paulus leer (Rom.6:3-7:6) dat die waterdoop moet volg wanneer ‘n pesoon besluit het om sy rug op sonde te keer (v.11) sodat hy saam met Christus kan lewe (v.8) as slawe van geregtigheid tot heiligmaking (v.19).  Hy het ook getuig hoe, na sy bekering op die pad na Damaskus, Ananias vir hom gesê het “En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.” (Hand. 22:16).

Ek ken ‘n sendeling in ‘n land in die Midde-Ooste wat getuig het hoe sy vyf mense gedoop het wat deur haar en ander bedien was met die Woord. In haar eie woorde in ‘n brief het sy gesê
were baptised and filled with the Holy Spirit this morning! We celebrated afterwards with communion and a meal. How precious it was to see the joy on their faces! Some shared that it felt like the dirtiness of their past lives went out of them!
Hierdie woorde getuig van die waarheid in Ananias se woorde dat ons sonde as’t ware weggewas word in die doop. 

Paulus het gesê “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. (Gal.3:26-27). Hulle wat die opdrag om gedoop te word gehoorsaam (Mark 16:16) beklee hulself met Christus. Die waterdoop is ‘n besluit en ‘n aksie wat slegs geneem kan word deur die gelowige self. Iemand anders kan nie daardie besluit namens daardie persoon maak nie. ‘n Gelowige moet sy eie besluit maak en volgens sy besluit handel. Indien ‘n persoon gedwing word om gedoop te word (soos bv. in die geval van babas wat nie self kan kies nie), sal daardie doop betekenisloos wees. 

Dit blyk dat die Skrif nie die volgorde van die twee dope voorskryf nie. Dit is egter duidelik van Petrus se woorde (Hand. 2:38) dat beide dope net kan volg na bekering. Nêrens in die Skrif kan ons ‘n voorbeeld sien waar enige vorm van doop plaasvind voor bekering nie.

No comments:

Post a Comment