Sunday 25 February 2018

Is alle persone in gesagsposisies deur God aangestel?



(Verskoon die Engels en Afrikaans deurmekaar in hierdie blog)
“All authority is appointed by God” -  Dit is deesdae ‘n gewilde stelling in kerk-kringe mbt leierskap in die kerk, nav die manier waarop Romeine 13:1 vir ons vertaal is in die Engels en Afrikaanse vertalings van die Bybel wat ons lees. Maar is dit regtig wat die teks in die oorspronklike Grieks beteken? Is alle persone wat in posisies van gesag en leierskap is, deur God aangestel? Was Adolf Hitler appointed by God? How about Joseph Stalin? Mao Tse-Tung? Robert Mugabe? Idi Amin Dada? How about all the leaders of church sects, some who don’t even acknowledge that Jesus Christ is the risen Son of God and part of the God-head? So, who is appointed by God, and who not? 

Ek wil graag deel oor wat ek uitsluitlik in die Skrif hieroor sien. As ons wil weet wat die Woord van God sê oor enige, maar veral ‘n kontroversiële onderwerp, is dit belangrik dat ons die oorspronklike teks bestudeer, en nie slegs staatmaak op iemand anders se vertaling daarvan nie. 

Eerstens kyk ons na die aanstelling van leiers in die kerk van Christus (ek het ‘n semester van Griekse studie agter die blad en ek het ook die hulp van ‘n Grieks-Engels liniêre verklarende woordeboek):

As ons kyk na wat Paulus vir Titus (Titus 1:5-9) geskryf het oor hoe om leiers te kies, “…I have left you behind in Crete so that you put in order the things needed and so that you appoint elders from town to town…”. Hierdie woord “you appoint” (Grieks “katastysys”) beteken “to assign to someone a position of authority over others”. Die woord “elder” (presbuteros) beteken “a person of responsibility and authority in matters of socio-religious concerns, both in Jewish and Christian societies”. “Elder” beteken ook “ouer persoon”. Verder sê hy “if someone is without accusation, husband of one wife, having trustworthy children… because the church leader as manager of God must be without accusation, not arrogant, not quick tempered, not a drunkard, not a bully, not shamefully greedy…. So that he may be able indeed to encourage by sound teaching”. (Kommentaar oor die “vrou en kinders”: Paulus was ook ongetroud en het geen kinders gehad waarvan ons weet nie, so ek glo dat die werklike saak van belang hier is om in goeie verhoudings te wees met die mense rondom jou en jou basiese verantwoordelikhede as volwasse man of vrou na te kom.) 

As ons kyk na Hand 14:20 “then having appointed for them elders from church to church, having prayed with fastings, they entrusted them to the Lord…” dan beteken “having appointed” (Grieks “geirotoneow”) hier “to appoint or assign someone to a particular task / to choose or select, presumably by a group and possibly by the actual raising of the hand”. Maar wat meer belangrik is om hier te sien, is dat die apostels gevas en bid het voordat hulle iemand aangestel het as “elder”!
In Hand 13:2-3 “… and while they were worshipping the Lord and fasting, the Holy Spirit said ‘appoint then for me Barnabas and Saul for the work for which I have called them’, then having fasted and having prayed and having laid their hands on them they sent them off” Die woord ‘appoint’ is hier (Grieks “aforisate”) wat beteken “to set aside a person for a particular task or function”.
 
Dit is dus duidelik dat drie skrifgedeeltes waar die Griekse woorde verskil (katastysys, geirotoneow, aforisate) is net een Engelse woord vir elkeen gebruik, naamlik “appoint”. Om iemand te “appoint” as “elder” of vir ‘n spesifieke taak in die liggaam van Christus, is dus nie ‘n eenvoudige taak nie, en ‘n aksie wat beslis moet gepaard gaan met vas en bid. Net omdat iemand opleiding gekry het en ‘n sterk natuurlike leier is, beteken nie dat dit outomaties die Here se keuse is om ‘n groep geestelik te lei nie. Ek self wil ook glad nie in ‘n posisie wees as die Heilige Gees nie self vir my leiers gesê het dat ek in daardie posisie aangestel moet word nie. Ek sal met vrymoedigheid ‘n groep lei as ek weet die Here self wil my daar hê, want dan weet ek dat Hy my sal lei, sal Hy my broodjies en vissies vermeerder en wonderwerke doen met dit wat ek het om te gee. 

Tweedens kyk ons na die aanstelling van leiers van lande:

Die bekende Romeine 13:1 word verskillend vertaal, maar bv in die NLT is dit “Everyone must submit to governing authorities. For all authority comes from God, and those in positions of authority have been placed there by God.”

In my Grieks-Engels liniêre Bybel is dit as volg: “let every person submit to the governing authorities, for there is no authority except under God (hupo theou) and those existing are established (tetagmenai) by God (hupo theou)

Sien hier dat die woord tetagmenai nie dieselfde is as enige van die ander woorde wat vertaal word “appoint” nie. Hierdie woord word in verskillende vertalings vertaal as o.a. “placed there; instituted; appointed; established; ordained; set up”. My Griekse woordeboek sê dit beteken “to cause someone to be in a state involving an order or arrangment” wat heel verskil van die vorige drie Griekse woorde wat as “appoint” vertaal is. Hupo theou beteken streng gesproke “under God”. Daarom kan ons hierdie sin vertaal as “for there is no authority except under God and those exisiting are caused to be in that order of arrangment under God

Hierdie gedeelte in Romeine 13 volg op die konteks van Romeine 12 waar Paulus vir ons leer hoe om teenoor ons vyande op te tree. Romeine handel dus ook oor hoe ons optree teenoor mense in die wêreld waarin ons leef, en hier spesifiek in sekulêre leiersposisies. Paulus sê in werklikheid vir hulle “onthou, God is nog altyd die hoogste gesag, maak nie saak wie as leier heers in die land nie”.  Alhoewel God toelaat (nie “appoint” nie) dat leiers deur mense in hul posisies aangestel word, is die leier nogsteeds onder God, want God sal altyd die hoogste gesag wees. God respekteer die mens se vrye wil – God laat ‘n land se mense toe om hulle leiers te kies. (Ek het na die Amerikaanse verkiesing gehoor iemand getuig dat, toe hy vir God vra wie sy keuse as president is, God geantwoord het “I am giving them the president that they want”). Dit is verder vanuit Rom 13:3 duidelik dat Paulus van ‘n spesifieke konteks gepraat het. Hy sê “because the rulers are not a source of fear to good work, but to evil work. Now if you want not to fear the authority, do good, and you will have praise from it”. Die leiers van wie Paulus praat is leiers wat ons nie hoef te vrees solank as wat ons goeie dade doen nie. Die idee wat oorgebring word, is dat God nogsteeds die hoogste gesag bo daardie regeerders is, en as ons onderdanig is aan goeie leiers wat goeie werke prys, dan is ons onderdanig aan God. Paulus sê vir die Christene in Rome dat hulle onderdanig moet wees aan hulle leiers asof hulle onderdanig is aan God self. En die wat, volgens die konteks, goeie leiers teëstaan, weerstaan in werklikheid vir God self. Ter wille daarvan om die karakter van Jesus aan die wêreld te wys, moet ons dus onderdanig wees aan wêreldse leiers (sover as wat hulle nie mense vervolg vir die goeie dinge wat hulle doen nie) sodat hulle Jesus in ons kan sien. Dieselfde idee word oorgedra wanneer Paulus sê “doen alles asof julle dit vir die Here doen” (Kol 3:23). Dit gaan oor ons hartsgesindheid en die beeld van Jesus wat ons wys vir die wêreld. In hierdie geval het Paulus met slawe gepraat, oor hoe hulle optree teenoor hulle eienaars. Die idee was om deur hul optrede teenoor hul ongelowige eienaars die Jesus-beeld uit te dra. Paulus het glad nie slawerny goedgepraat nie. Dit was nie slawerny wat in fokus was nie, maar hoe ons leef in die wêreld waarin ons onsself bevind. Paulus sou ook nie slegte leiers goedpraat nie. 
 
Ons kan dus nie sê dat Adolf Hitler ‘n aanstelling van God is nie. God laat bose regeerders toe wanneer die mense self daardie regeerders kies, maar dis nie God wat hulle aanstel nie! Ons weet ook dat Hitler en baie ander regeerders was beslis “a source of fear to good work”. Enige iemand wat die Jode wou help (good work), het in die moeilikheid gekom, is vervolg en baie maal doodgemaak! Paulus moedig ons dus aan om onderdanig te wees aan sekulêre leierskap sover as wat hulle “not a source of fear to good work” is nie. So nie, dan sal ons moes sê dat die Duitste prediker Dietrich Bonhoeffer God se gesag deur Hitler teëgestaan het deur as spioen te werk in verset teen die Duitse regering. Ons sou moes gesê het dat dit ‘n goeie ding is dat hy gehang is 8 dae voor die einde van die Tweede Wêreld oorlog! Ons moet ons verstand gebruik en die Griekse teks raadpleeg as iets in ons Engelse/Afrikaanse vertalings net nie sin maak nie. Ons kan nie vir mense vertel Hitler is deur God aangestel nie. 

Die punt is, ons kan glad nie die gedeelte in Romeine 13 gebruik om vir mense te vertel “elke persoon in leierskap is deur God aangestel en dat ons altyd moet submit, anders is ons gekant teen God en in rebellie” nie. Dit is manipulasie en misbruik van die Skrif. Hierdie lering het al tot baie pyn en lyding gelei in die kerk van Christus, terwyl liefde by die deur uitgewaai het. Submission to true Holy Spirit directed authority is belangrik. Maar uit Paulus se woorde in Titus en die voorbeelde in Handelinge, ontvang ons riglyne om onder leiding van Heilige Gees, self “elders” in die kerk te kies. As daar riglyne is sodat ons wyse Heilige Gees geleide aanstellings kan maak, dan is dit natuurlik ook waar dat onwyse aanstellings gemaak kan word. Nie elke persoon wat in ‘n leiersposisie in enige kerk aangestel word, is deur God self daar geplaas nie. As dit so was, het ons nie so baie probleme gehad nie. Dis ons mense wat hulle daar plaas, en as ons onwyse besluite maak, sonder om die Heilige Gees te raadpleeg (deur te vas en te bid), en net op grond van mense se goeie “performance”, dan moet ons probleme in die kerk verwag. Nie alle probleme in die kerk is mense wat “offence” vat of in rebellie is nie. 

Die ander probleem met die lering oor authority and submission in die kerk, is die vrees wat ingeburger word by mense deur aan te haal uit 1 Samuel 15:23. Mense word vertel dat as hulle nie in “submission” is nie, dan is hulle in rebellie, en “rebellion is as the sin of witchcraft”. Maar as ons een sin verder lees, dan staan daar “Because you have rejected the word of the LORD, he has rejected you as king”. Die vraag is nou, of elke opdrag wat ‘n persoon in leierskap vir iemand gee, die Woord van die Here is, veral as leiers in posisies is waar hulle nie veronderstel is om te wees nie. Ek dink ons moet bitter bitter versigtig wees voordat ons hierdie versie vir iemand kwoteer wat nie na ons sin gehoorsaam is en na ons sin optree nie. Dit is suiwer manipulasie. Terwyl ons soms besig is “with our own mission, and not necessarily with the Father’s mission”, het dit te maklik geword om Skrif te gebruik om mense te beheer en te manipuleer. Ek weet daar word ook gesê dat, “as die leier ‘n fout maak, sal hy self daarvoor verantwoording doen voor God. God sal nie die persoon wat in submission is verantwoordelik hou vir iets wat die leier gesê het hy moet doen nie.” En so stel ons die mense gerus dat hulle maar net kan submit en al die gevolge aan die leiers oorlaat. As leiers weet dat al die opdragte wat hulle vir mense gee, die wil van die Here is (wat dit kan wees as hulle die hart van die Vader ken en sy stem mooi hoor), dan gaan hulle nie verkeerde opdragte vir die mense gee nie, en dus hoef hulle nie mense deur vrees in submission te hou met 1 Sam 15:23 nie. Mense moet die vrymoedigheid geleer word om vir hulself te dink in die kerk, en alles te toets teen die Skrif (soos die dissipels in Berea) en teen wat hulle self hoor die Heilige Gees sê vir hulle. Net soos wat leiers verwag dat mense hulle (die leiers se) verhouding met die Heilige Gees vertrou, moet daardie leiers die mense in hulle gemeentes se verhouding met die Heilige Gees kan vertrou, en aan hulle kan leiding gee, sonder om hulle met vrees te probeer beheer! Die wêreld beheer en regeer deur vrees. Die kerk van Christus moet in liefde mense leer en leiding neem deur ‘n voorbeeld te wees. Dit is hoe Jesus dit gedoen het. Hy het niemand gedwing nie, maar was altyd besig om sy dissipels in elke situasie te leer, deur woorde en deur sy voorbeeld. Hy het bv met Judas Iskariot en Petrus ruimte toegelaat vir die natuurlike gevolge van hulle keuses en aksies. Hy het nie die situasie probeer manipuleer nie.  

Soos altyd verwelkom ek vrae en kommentaar. 

1 comment:

  1. Mooi so Anita. Jy slaan die spyker op die kop. Die Vader het geen behoefte om om ons te dwing nie maar Sy hart is dat ons Hom vrywilliglik volg in Sy leiding. En daar is 'n beginsel dat ons van harte onderdanig is aan mense in gesag want trots ("pride") is ons almal se ondergang.

    ReplyDelete